Martha Poller

Physical Address:

13de Laan 21, Noordhoek, Keetmanshoop, Namibia

Postal Address:

Posbus 1515, Keetmanshoop

Kontak My

Meer oor Martha Poller

Martha is ‘n afgetrede onderwyseres. Sy het twintig jaar lank skool gehou, waarvan die meeste daarvan as taalonderwyseres was. Sy het, terwyl sy verbonde was aan die
Departement van Onderwys in Namibië, gereeld Graad 10 en 12 nasionale eksamen vraestelle gemerk.

Sy skryf graag, maar het eers drie jaar gelede haar eerste roman laat publiseer. Sy het ook verskeie Afrikaanse stories die lig laat sien.

Publikasies uit Martha se pen sluit die volgende in:

  • Tuiskoms, uitgegee deur Malherbe Uitgewers (2018), 193 bladsye. ISBN 978-1-928413-65-3
    Die bundel bevat ‘n aantal van haar blog-inskrywings en is grootliks persoonlik van aard.
  • Hagar, uitgegee deur Malherbe Uitgewers (2017) 270 bladsye, ISBN 978-1-928413-70-7
    Hierdie boek is ook voorgelees op Kanaal 7, die christelike radiostasie in Namibië.
  • Mooiste meisie van Swakopmund, uitgegee deur Malherbe Uitgewers (2019) 144 bladsye. ISBN 978-1-928-51230-1

Martha proeflees manuskripte vir skrywers. Sien die volgende skakel.
Proeflees en redigeer/Proofread and edit

Die Kleur Van My Pen. ‘n Persoonlike blog van Martha Poller.
Sien die volgende skakel:
https://marthapoller.blogspot.com/

In November 2018 het sy haar proeflees eksamen, aangebied deur SA Vryskrutskrywers, geslaag.

Skrywer van die jaar, toegeken deur Ink skryf in Afrikaans, 2018
Donsie, toegeken deur ATKV, 2019, vir haar boek ‘Hagar’

  • My lewe in ink – ‘n versameling van inspirerende dagstukkies. Uitgegee deur Carpe Diem Boeke (2002) ISBN 1-919912-07-X Martha se bydrae: Jesus, ek is blind! (bladsy 180)
  • Keur van verhale 4 – ‘n Potpourri Publikasie (2018) Uitgegee deur Malherbe Uitgewers. ISBN 978-1-928413-40-0 Martha se bydrae: Die Misverstand (bladsy 72)
  • Kierangspruit se Sirkus – ‘n Potpourri Publikasie (2018) Uitgegee deur Malherbe Uitgewers ISBN 978-1-928413-90-5 Martha se bydrae: Rocco se hartseer vertoning (bladsy 82)
  • Verspeelde Matriekafskeid – Gepubliseer deur Huisgenoot (8 Februarie 2018) en voorgelees op Maroela Media (2 Februarie 2018)
  • In die grasie van jou wese – ‘n Potpourri Publikasie (2018) Uitgegee deur Malherbe Uitgewers ISBN 978-1-928415-57-2 Martha se bydrae: (V)oorbegin
  • Unbroken Chains – by NUHA Foundation (9 October 2018)
  • Stemme uit Namibië – Uitgegee deur Malherbe Uitgewers (2019) ISBN 978-1-928-51236-3. Martha se bydrae: Onverwagse liefde
afAfrikaans
afAfrikaans